Skoolhoof





Dit is 'n voorreg om deel van die Handhaafspan te wees in 2021.  Ek glo dat elke jaar sy eie uitdagings het en dat ons as personeel en ouers saam enigiets kan bereik. Ons as skool en gemeenskap het verseker die afgelope jaar, meer as enige tyd in die verlede, die beginsel van saamwerk leer verstaan. Nuwe maniere van dink en doen het ontwikkel, asook 'n groter waardering van wat ons altyd as vanselfsprekend beskou het. Saam kan ons nou in 2021 begin bou aan 'n nuwe toekoms vir ons kinders, ongeag die struikelblokke van die afgelope jaar.  

Handhaaf het tans 717 leerders, 30 akademiese personeel, 5 administratiewe personeel, 6 terreinpersoneel, 5 onderwys-assistente en 6 internskappe.  Ons ouers is elke jaar baie betrokke by alle aktiwiteite en dit is juis wat Handhaaf van ander skole onderskei.  Ons fasiliteite en geleenthede wat ons kinders kry, word jaarliks uitgebrei en  ten spyte van die huidige situasie in ons land, gee ons  soveel as moontlik blootstelling aan ons leerders.

My gebed is dat 2021 'n jaar van seën en voorspoed vir al ons ouers en kinders sal wees en dat ons veilig en gesond sal bly.

"Always remember
that you present
situation is not you
final destination.
The best is yet to
come"


Vriendelike groete.

P.J. HUGO
SKOOLHOOF


















No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.