Algemene inligting

COVID REGULASIES 
1. SKOOLTYE
1.1 Begin soggens om 07:30. Leerders wat laat vir skool opdaag, moet by kantoor aanmeld.

1.2 Skool sluit om 13:20 vir Graad 1-3 vanaf Maandag tot Vrydag. 

1.3 Skool sluit om 13:30 vir Graad 4-7 vanaf Maandag tot Vrydag. 

1.4 Sport na skool tot gereëlde tyd.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN DIE VOLGENDE:
1. SKOOLTYE
1.1 Begin soggens om 07:30. Leerders wat laat vir skool opdaag, moet by kantoor aanmeld.

1.2.1 In Januarie en Februarie sluit die skool vir Graad 1 reeds om 12:00 en vanaf die 1ste Maandag in Maart, vir die res van die jaar, om 12:40.

1.2.2  Skool sluit daagliks vir Graad 2 om 12:40.

1.3 Skool sluit om 14:20 vir Graad 3 - 7 vanaf Maandag tot Donderdag (ingesluit is ‘n sportperiode wat verpligtend is van 13:35 tot 14:20).

1.4 Die skool sluit Vrydae soos volg:

· Graad 1 - 3: 12:40
· Graad 4 – 7: 13:50

1.5 Op die eerste skooldag van ‘n kwartaal asook die dag voor die skool sluit, is daar geen sportoefening nie en sluit die skool om 13:20 vir die Graad 3 – 7 leerders.

N.B. Op die laaste skooldag van ALLE kwartale sluit die skool altyd om 10:30.

2 SKOOLDRAG (GESTANDAARDISEERDE PATROON SOOS DEUR VERSKAFFER
VOORSIEN – GEEN TUISONTWERP)

Leweransier: Pro-Ecclesia

By skool beskikbaar:

- Skoolrok
- Skooltrui
- Skooldas
- Skoolkouse
- Sweetpak
- Sakwapen
- Sport oefenbroekies vir dogters
- Toepaslike groen/geel oefenhempies

2.1. Seuns:

Somer: Grys broek (kort of lank), wit kortmou oopnekhemp met sakwapen, skoolkouse en swart skoolskoene.

Winter: Grys broek (kort of lank), wit toekraaghemp, skooldas, V-nek skooltrui (langmou of “pullover”) en/of skoolbaadjie (“blazer”), skoolkouse en swart skoolskoene.

2.2. Dogters:

Somer: Handhaaf skoolrok, wit kortmou oopnekhemp, kort wit sokkies en swart skoolskoene.

Winter: Handhaaf skoolrok of grys langbroek wat by skoolverskaffers gekoop kan word, wit toekraaghemp, skooldas, V-nek skooltrui (langmou of “pullover”) en/of skoolbaadjie (“blazer”), lang skoolkouse en swart skoolskoene.

LW Die langbroek is dié met rek aan agterkant, voorkant het gladde middelband met knoop, ritssluiter en twee platplooie weerskante van die ritssluiter. ‘n Skooltrui of skoolbaadjie moet saam met die langbroek gedra word.

· Die skooltrui en/of skoolbaadjie (“blazer”) mag ook op koue somersdae saam met skoolklere gedra word.

· Op uitsonderlike koue dae mag slegs Graad 1 – 3 leerders ‘n sweetpakbaadjie saam met die skooltrui dra.

· Op reëndae mag slegs ‘n groen reënbaadjie (“wind breaker”) wat by skoolverskaffer gekoop word, oor die skoolklere aangetrek word. Hierdie baadjie mag slegs aangetrek word terwyl die kind buite rondbeweeg en mag nie in die skool gedra word nie.

3 LO-DRAG

Seuns: Swart/wit/toepaslike groen PT-broek. Geen slenterdrag broeke nie. Gewone wit/toepaslike groen/geel T-hemp by handelaars - geen motiewe of strepe nie. Ook by skool beskikbaar. Spanhemde van onderskeie sportsoorte kan ook gedra word.

Dogters: Sport oefenbroekie – by skool beskikbaar. Gewone toepaslike groen/geel T-hemp by handelaars – geen motiewe of strepe nie. Ook by skool beskikbaar.

4 SPORTDRAG

4.1 OEFENDRAG

Seuns: Dieselfde as LO-drag. In winter kan seuns oefen rugbytrui dra.

Dogters: Dieselfde as LO-drag.

4.2. WEDSTRYDDRAG

Sportdrag vir wedstryde soos hieronder uiteengesit in elke sportsoort. Goedgekeurde spandrag soos van tyd tot tyd deur die skool se borge voorsien vorm ook deel van ons sportdrag.

· Atletiek: Handhaaf groen en geel atletiekfrokkie en –broekie.
· Netbal: Handhaaf sporthemp en sportrompie, wit sokkies en wit sportskoene.
· Rugby: Handhaaf rugbytrui en wit kortbroekie.
· Krieket: Handhaaf kortmou skoolhemp, wit kortbroekie, Handhaaf skoolkouse
met effekleurige sportskoene.
· Tennis:
- Seuns: Wit gholfhemp, wit kortbroekie, wit sportsokkies met wit sportskoene.
- Dogters: Handhaaf sporthempie, Handhaaf sportrompie, wit sportsokkies en wit sportskoene.

NB SLEGS ‘N HANDHAAF SKOOLSWEETPAK MAG TYDENS SPORTBYEENKOMSTE GEDRA WORD. GEEN SKOOLTRUI SAAM MET ‘N SPORTBROEK OF ROMPIE NIE.

5 BOEKTAS

‘n Goeie boektas met afskortings is verpligtend – toepaslike groen of alternatiewelik swart.

6 NETHEID VAN LEERDERS

Daar word verwag dat sorg gedra word dat leerders se persoonlike voorkoms asook kleredrag voldoen aan die algemene welvoeglikheidsregulasies wat deur die Beheerliggaam bepaal word.

6.1 Seuns:

· Geen dubbelsnit haarstyle nie, d.w.s. die hare moet geleidelik opgesny word – nie kort om die ore en nek en dan ‘n ‘walletjie’ nie.
· Geen ‘kloskuifie’ nie, d.w.s. baie kort oral gesny maar met ‘n kloskuif.
· Geen patrone mag in seuns se hare geskeer word nie.
· Geen “comb over” haarstyle nie – baie kort langs die kant en lank bo.
· Geen juweliersware behalwe horlosies en “Medic Alert”-kettinkies mag gedra word nie.
· Geen dekoratiewe tandvulsels of versierings nie.

6.2 Dogters:

· Harde of dun sagte “Alice Bands” – toepaslike groen, swart of donkerbruin
· Rekbare haarband – Slegs toepaslike groen of swart – nie breër as 5 cm nie. Geen bruin of wit nie en slegs die standaard rekmateriaal – geen blinkers, patrone of gehekel nie.
· “Scrunchies” – toepaslike groen
· Haarlinte – toepaslike groen
· Haarrekkies – toepaslike groen, swart of donkerbruin
· Geen skuins poniesterte of vlegsels nie.
· Geen “comb over” haarstyle nie – baie kort langs die kant en lank bo.
· Geen haarverlengstukke mag gebruik word nie.
· Geen juweliersware behalwe horlosies en “Medic Alert”-kettinkies mag gedra word nie en slegs een paar gewone ronde goue of silwer oorkrabbertjies (“studs”) word toegelaat.
· Geen dekoratiewe tandvulsels of versierings nie.

Voorbeelde van aanvaarbare haarstyle en kleredrag word vertoon onder “Kleredrag” op ons webwerf, www.handhaaflaerskool.blogspot.com.

Enige skriftelike vertoë ten opsigte van motivering vir wysiging van bogenoemde moet gerig word vir voorlegging en goedkeuring deur die Beheerliggaam.

7 TUISWERK
Elke leerder vanaf Graad 2 ontvang ‘n tuiswerkboekie waarin tuiswerk afgeneem word. U samewerking word gevra om toe te sien dat tuiswerk gereeld gedoen word. Onderteken asseblief die boekie as kontrole.

8 ONDERRIGGELD
Dit is ‘n VERPLIGTE bydrae deur ons ouers, want daarsonder sal dit ONMOONTLIK wees om aan ons leerders die nodige te bied. Skoolgeld word op ‘n jaarlikse basis bereken vir die volgende kalenderjaar en OUERS SAL IN KENNIS GESTEL WORD SODRA DIE BEHEERLIGGAAM DIE GEGEWE BEDRAG VERANDER.

9 AFWESIGHEID VAN SKOOL
Indien u kind afwesig was, vereis die skool dat u ‘n briefie aan die klasonderwyser sal stuur wanneer hy/sy weer terugkom. Hierdie reëling dien as kontrole. Indien leerder vir meer as twee dae afwesig is, moet ‘n doktersertifikaat ingehandig word. Tydens die eksamen of ‘n toetsreeks, moet ‘n doktersertifikaat ingehandig word.

10 KO-KURRIKULêR wat deur skool aangebied word:

10.1 Koorsang (uitgesoekte groep)
10.2 Skaak
10.3 Krieket (seuns)
10.4 Netbal (dogters)
10.5 Rugby (seuns)
10.6 Atletiek
10.7 Tennis
10.8. Landloop
10.9. VCSV

11 SKRYFBEHOEFTES is teen billike pryse by die skool beskikbaar.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.