Ondersteunersklub en OOV


LAERSKOOL HANDHAAF-ONDERSTEUNERDRAG


Hempies R380



Pette R80



Baadjies R350




Peaks R80



Kontak die skool by 0419921423 vir navrae.


OOV
Die OOV slaag elke jaar daarin om die skool deur middel van fondsinsamelingsprojekte finansieel te ondersteun. Met die aanpak van 'n paar nuwe projekte is daar 'n kameraderie geskep tussen die ouers en onderwysers.  

Die OOV was ook byderhand om saam met die Ondersteunersklub skouer aan die wiel te sit tydens sportdae wat by die skool aangebied is en ons is baie trots en dankbaar op ons "Koffietuin" wat so 'n groot sukses was.

Baie dankie aan die komiteelede, elke ouer en belangstellende wat hul vrye tyd afstaan en op sy/haar unieke manier 'n bydrae maak tot die sukses van ons projekte gedurende die jaar.  Sonder die lojaliteit en geesdrif wat die ouers aan die dag lê, sal geen organisasie suksesvol bestuur kan word nie.  Ons poog ook om meer ouers betrokke te kry en die Handhaaf-familie nog verder uit te brei.

Die finansiële inspuiting wat die OOV aan die skool lewer, word tot voordeel van ons kinders aangewend en verseker sodoende dat ons kinders nie net topklas onderrig kry nie, maar ook oor uitsonderlike geriewe beskik.

OOV Groete
YVONNE NIEMAND




ONDERSTEUNERSKLUB
Ons is ook baie dank verskuldig teenoor die Ondersteunersklub.  Hulle poog om enersyds ‘n bydrae te maak om die geriewe vir ons onderwysers en leerders gerieflik te maak, maar ook andersyds om dit moontlik te maak vir alle leerders om op toere te kan gaan. 

Die Ondersteunersklub is verantwoordelik vir die advertensiemuur en die beskikbaarstelling van die jaarlikse skoolkalender.  Deur die verkryging van borgskappe vir hierdie projekte, stel dit hulle in staat om ‘n wesenlike bydrae te maak tot die uitbreiding van die skool se geriewe op vele terreine.  Hulle is ook verantwoordelik vir die Sportdae wat tuis aangebied word.  By projekte en sportdae benodig hulle altyd hulp van ouers. Hulle het in Mei 2017 die seunsbadkamers opgegradeer. Ons glo dit sal vir die skool van groot waarde wees. 

Ons is baie dank verskuldig aan die komiteelede van al die onderskeie liggame, elke ouer en belangstellende wat hul vrye tyd afstaan en om op sy/haar unieke manier ‘n bydrae maak tot die uitbreiding van ons skool en die sukses van ons projekte.  Ons is baie trots op ons skoolhoof en personeel wat ons kinders so susksesvol onderrig op akademiese, kultuur- en sportgebied. 


Die bestuurskomitee van die Ondersteunersklub is:
Marinda Kotze                 Voorsitter
Marelize  Willemse          Ondervoorsitter
Zeldrien Strydom             Sekretaris
Anerie Conradie               Tesourier

Indien u belangstel om betrokke te raak, of vir verdere inligting oor die komitee, kan u Mnr Loock by Handhaaf of Mnr Tokkels Beukes kontak.

VOORSITTER - ONDERSTEUNERSKLUB



No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.