Handhaaf Nuus

 

 Volg hierdie blad vir daaglikse nuus oor die gebeure 

by Laerskool Handhaaf.



Junie 2023

Na 18 jaar by Laerskool Handhaaf, is dit vir my ‘n groot voorreg om die nuwe skoolhoof
van Handhaaf te wees. Ek sien uit na die nuwe uitdagings en om Handhaaf na die
volgende vlak te neem. Hierdie is net moontlik deur die uitstekende personeelgroep
wat Handhaaf het asook die betrokkenheid van Handhaaf se ouers en die gemeenskap.
Volgende jaar is Handhaaf 100 jaar oud. Hou asseblief sosiale media dop vir wanneer
die eeufeesviering asook anders feesvieringe gaan plaasvind.
Handhaaf het tans 695 leerders, 29 akademiese personeel, 4 administratiewe
personeel, 6 terreinpersoneel, 4 onderwys-assistente en 6 internskappe.  Ons ouers is
elke jaar baie betrokke by alle aktiwiteite en dit is juis wat Handhaaf van ander skole
onderskei.  Ons is volgende jaar die enigste suiwer Afrikaanse skool in Uitenhage. Ek
glo vas aan moedertaal onderrig en sal alles in my vermoë doen om ons moedertaal te
beskerm. Die fasiliteite en geleenthede wat ons kinders kry, word jaarliks uitgebrei en 
ten spyte van die huidige situasie in ons land, gee ons  soveel as moontlik blootstelling
aan ons leerders.
My gebed is dat 2023 'n jaar van seën en voorspoed vir al ons ouers en kinders sal
wees en dat ons veilig en gesond sal bly.

“Today is your
opportunity to
build the tomorrow
you want”

Handhaafgroete
Neil Loock




Mei 2023 

Aan elke Laerskool Handhaaf leerder: Sterkte met die eksamen wat vandag begin.





Trollie-vol-kos-kompetisiewenners:
1ste prys Mev. Ellis (R2000 Koopbewys)
2de prys: Mev. Whitehead (R1000 Koopbewys)
3de prys: Mnr.Taljaard (Linka) (R500 Koopbewys)
Leerder meeste geld ingesamel R500 kontantprys - Heinrich Stumke
2de Plek - Caleb Jantjies







RUGBYNUUS: Baie geluk aan Keano Wood en Aiden van Wyk wat gekies is vir die 2023 OP Craven week span. Ons is baie trots op julle en sterkte met die toernooi wat voorle. #handhaafmanier



Ondersteunersklubfunksie: Ons sien vreeslik uit na 'n lekker aand van mooi aantrek, dans, eet en kuier!







Gelukkige Moedersdag vir elke gesin van Laerskool Handhaaf .

April 2023

Landloopnuus: Die landloop het 'n heerlike steak-aand gehou. Dankie vir almal se ondersteuner.








Tennisnuus: Die Tennis C-span het vandag 'n geleentheid gekry om teen Susanah Fourie se A-span mee te ding. Hardus Michau het kans gesien om 2 van die manne aan te vat. Lané Joubert en Ryan Jonker het hulle wedstryde 4-3 elk gewen. Ons C-span was baie opgewonde om ook n beurt te kry om te speel. Handhaaf wen vandag se wedstryd 15 - 13!






Maart 2023

Op die laaste dag van kwartaal 1 wens ons elke gesin van Laerskool Handhaaf 'n veilige en geseënde vakansie tydperk toe.


Sterkte aan al die sportgroepe wat hierdie vakansie toer. Veilig reis. Gee julle bes! #handhaafmanier




Tennisnuus: Ons is reg vir die jaarlikse Handhaaf Klinicare tennistoernooi wat môre en Saterdag plaasvind by Laerskool Handhaaf se tennisbane.
Ons sien uit om die volgende skole by ons te hê:
Gonubie (Oos-Londen)
Charlo (Port-Elizabeth)
Lorraine (Port-Elizabeth)
Victory Christian School (Jefrreysbaai)
Stulting (Humansdorp)
Gamtoosvallei (Patensie)
Sterkte aan elke speler wat deelneem. Kom loer gerus as jy goeie tennis wil sien.





Toetsreeks: Sterkte aan elke Laerskool Handhaaf leerder met die toetsreeks wat vandag begin.



ATLETIEKNUUS:
Keanan Reuben het die naweek die Metro span verteenwoordig waar hy aan die Oos-Kaap atletiek kampioenskappe vir hoërskole deelgeneem het.
Hy verower goue medaljes in die seuns o.14 100m hekkies en 300m hekkies.
Baie geluk, Keanan!




Handhaaf Touchies: 


Februarie 2023


Graad 2: Mamma en dogter netbal tyd. "Time spent playing with children, is never wasted."








Valentynsdag Pretdraf- Nog 'n suksesvolle pretdraf is agter die rug. Dankie vir al die ondersteuners wat die dag suksesvol gemaak het. Geluk aan al die wenners.

















Januarie 2023

Geseënde 2023 vir elke Handhaaf-gesin.






September 2022 - Koop-'n-reel-dag








Augustus 2022 - Entrepreneursdag

















Julie 2022 - Vakansie


Junie 2022 - Netbal-"pamperaand"








Mei 2022 - Kunsfees






April 2022 - Ondersteunersklub-braai






Maart 2022 - Pikkies bemarkingsdag








Februarie 2022 - Valentynsdag-pretdraf

















Januarie 2022  - Atletiek











4 Mei 2021    -    Ondersteunersklub "Drive-through" bestellings sluit.
                            
Volg hierdie link om 'n bestelling te plaas: 

3 Mei 2021    -    Kwartaal 2 begin met 'n vol kwartaalprogram.



No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.